Skrywer en spreker

Bemoediging vir elke dag

Welkom by Welly du Toit se tuisblad. Welly skryf en praat oor geloof, gebed, die Bybel en die gewone lewe, op 'n eenvoudige manier wat jou elke dag 'n bietjie nader aan God bring. Hier vind jy sy boeke, video's, die weeklikse WhatsApp-kerk en hoe om hom te nooi om by julle te kom preek.

Welly du Toit glimlag buite tussen die bome
Voorblad van Story Diary (3)
Nuut: Mei 2027

Story Diary (3): 365 Stories of Positivity

Die derde storiedagboek verskyn in Engels. Bestel nou reeds jou eksemplaar vooraf.

Bestel vooraf
YouTube

Meer as 500 video's vir die gewone lewe

Sukkel jy met angs of stres? Wil jy leer om jou gedagtes in toom te hou, beter te bid of konflik reg te hanteer? Op Welly se YouTube-kanaal is daar meer as 500 kort video's oor onderwerpe soos:

  • Angs, stres en gedagtebeheer
  • Vreugde en dankbaarheid
  • Gebed en die Bybel
  • Konflik, vergifnis en integriteit
Besoek die YouTube-kanaal

"Ongeag jou omstandighede, kan jy elke dag kies om gelukkig te wees."

Uit Storiedagboek (1)

WhatsApp-kerk

'n Geestelike les van 5 minute, elke week

Een keer per week stuur Welly 'n kort stemboodskappie van sowat 5 minute oor 'n geestelike les. Jy kan dit luister wanneer dit jou pas: in die kar, met 'n koppie koffie of voor jy gaan slaap. Druk net die knoppie, stuur die boodskap wat reeds vir jou ingetik is, en jy is ingeskryf.